DIE GEVOLG

Die span agter die skerms, die dansvloer-legendes en die skouers om op te steun — ontmoet ons ongelooflike gevolg!

BIANCA
ENGELBRECHT

Hoof Strooimeisie

Bynaam:

Bee/Biancs

Gunsteling partytjie-drankie:

Rooiwyn

Rol in die Vriendskap:

Die Laatkomer

Geheime Talent:

Kan blind bestuur – Bestuur meestal op instink… en gebed. Oë oop, maar GPS doen die meeste werk.

MICHÉLE
PIENAAR

Strooimeisie

Bynaam:

Mich/Michael

Gunsteling partytjie-drankie:

Stout vir n Brandy, mimosa of wyn… enige iets welkom

Rol in die Vriendskap:

Die Avonturier/Party Starter

Geheime Talent:

Sy kan ’n argument wen sonder om haar stem te lig, ’n hond laat verlief raak op haar, en elegant wegstap soos ’n ballerina… al was dit eintlik net om nog ’n glas wyn te gaan haal.

KATRI
MULDER

Strooimeisie

Bynaam:

Skoonsus

Gunsteling partytjie-drankie:

Gin

Rol in die Vriendskap:

Die Emosionele Ondersteuner

Geheime Talent:

’n Wandelende ensiklopedie – vra haar enigiets, sy het die antwoord nog voor jy Google oopmaak.

NATHANIA
VAN NIEKERK

STROOIMEISIE

Bynaam:

Nats

Gunsteling partytjie-drankie:

Wyn

Rol in die Vriendskap:

Die DJ (DJ Natzzz)/Die Organiseerder

Geheime Talent:

Sy hanteer ’n klaskamer vol energieke kinders met gemak, swem ’n dolfyn verby, en sit steeds met selfvertroue ’n driegangmaaltyd voor – alles met ’n glimlag.

NICOLA
VENTER

STROOIMEISIE

Bynaam:

Nicola/Nics

Gunsteling partytjie-drankie:

Wyn

Rol in die Vriendskap:

Die Snacks-Provider

Geheime Talent:

Kan kook en ’n trourok-krisis red nog vóór enige iemand anders besef daar was ’n krisis.

ZANDER
BOTHA

HOOF STROOIJONKER

Ouderdom:

31

Bynaam:

VF

Jare van Vriendskap:

12

Uniekheid:

Hy het op koshuis die bynaam Hercules verdien—’n titel wat sy deursettingsvermoë perfek opsom. As hy iets begin, maak hy dit klaar. Of dit nou is om die wing special by Hooters te takel, sy hoërskoolmeisie—na wat voel soos 1000 jaar—sy vrou te maak, én uiteindelik ook haar die ma van sy kind te maak; wanneer hy commit, doen hy dit tot die einde.

JABUS
PIENAAR

STROOIJONKER

Ouderdom:

31

Bynaam:

Jabie

Jare van Vriendskap:

21

Uniekheid:

Hy is vinnig en effektief in alles wat hy wíl aanpak—insluitend, maar nie beperk tot, vrou vang, werk, stiptelik wees, die fyn beplanning van sosiale byeenkomste, én om by sosiale byeenkomste aan die slaap te raak. As daar iemand is wat kan admin, is dit hy.

JUANDRÉ
BUYS

STROOIJONKER

Ouderdom:

31

Bynaam:

JB

Jare van Vriendskap:

16

Uniekheid:

Hy het verskeie talente—sing, slaap en alles tussenin. Maar wat hom rêrig anders maak, is sy humor. Sy humorsin is so gebreek soos sy Instagram-algoritme; mens weet nooit of jy lag oor wat hy sê, of oor wat hy dink snaaks ís nie.

NICO
VAN DER DUSSEN

STROOIJONKER

Ouderdom:

31

Bynaam:

Nicolas

Jare van Vriendskap:

22

Uniekheid:

As jy ’n debat wil voer, is hy jou man. Hy bied sy oortuigings met oorgawe aan—net soos wanneer hy hardloop. Hy gee altyd sy beste… in die hardloop se geval bewys die spoed dit net nie altyd nie.

CE
VAN DER DUSSEN

STROOIJONKER

Ouderdom:

27

Bynaam:

Christoffel

Jare van Vriendskap:

8

Uniekheid:

Sy timing is soms ’n bietjie… laat—of dit nou is om sy meisie amptelik uit te vra, betyds by ’n kuier op te daag, of selfs partykeer op die kolfblad. Maar sy droë humor en dad jokes? Dáár is hy altyd on point—so perfek getime dat jy jou woorde twee keer tel.

RSVP